Amos Langdown
Info: (1930 - 2006) Die Oos-Kaapse skilder Amos Langdown is jare lank al plaaslik en oorsee bekend vir sy simpatieke en
humoristiese uitbeelding van sy mense.
"Kyk, teken, die het ek altyd. Ag
seker hier van so vier af al. Sommer
so met stukkies houtskool uit die vuur"
Hy kry sy inspirasie van die see en die wind en die strand. Hy skilder van 'n groep mense wat hy nie vergeet het nie. Sy werk poog nie om opstandige politieke kommentaar te lewer nie.
Dit poog nie om uitspattig te wees nie. Sy kleurgebruik is deurgaans sag en subtiel, en hy het 'n groot voorliefde vir rooibruin. Byna asof hy die mense op die doek wil laat sweef.



