At Botha
Info: Hy is in die Vrystaatse dorp Kroonstad gebore en as gesin het hulle baie rondgetrek omdat sy pa onderwyser was.
Elke oggend vroeg verander die akteur en sanger At Botha in 'n kunstenaar wanneer hy veelkleurige landskappe op die doek verewig. Hy verf al sy lewe lank en is nou van plan om sy kuns "'n baie sterk tweede loopbaan te maak" Hy skilder landskappe, mense wat velde werk en blomme. Die Ceresberge en wolkformasies, wat voortdurend voor jou oë verander, skilder hy ook graag omdat dit tot hom spreek.



