Glendine
Info: Gebore in Namibia en het in Windhoek gematrikuleer. As kind het sy op skool elke oomlik in die kunsklas spandeer. Daar, tussen die verf en kwasse, het sy haar kunstalent ontdek.
Haar werk is in 1983 gekies vir die Santam Kinderkuns almanak en vir 'n uitstalling in Europa. Na skool het sy Skone Kunste aan Pretoria Technikon en Unisa studeer en 'n paar jaar gelede voltyds begin skilder.
Sy het al deelgeneem aan verskeie groepuitstallins en het ook talle suksesvolle solo-uitstallings regoor die land gehou. Sy het ook reeds in New York uitgestal en baie goeie reaksie ontvang. Haar werk is oral in Suid-Afrika en ook oorsee in groot aanvraag.
Glendine put haar inspirasie uit haar kinder herinneringe aan landskappe geskep uit menslike vorms soos drade, plaashuise, windpompe en leë damme.
Glendine beskou haar kuns as haar passie en haar roeping. Sy woon tans met haar twee seuns in Hartebeespoortdam en beplan om volgende jaar 'n gallery daar te open.



