Isabel le Roux
Info: ISABEL LE ROUX - het haar sedert 1973 voltyds op die skilderkuns toegelę en in 1974 haar eerste van vele suksesvolle solo-uitstallings gehou. Haar werk is in verskeie korporatiewe versamelings opgeneem.
Haar onderwerpe wissel van stillewes en blomstudies tot straat- en natuurtonele. Sy maak van olieverf, waterverf, akriel en gemengde media gebruik. Sy het in 1993 Isabella d'Arte langs die Hartbeespoortdam geopen wat as permanente uitstalvenster vir haar werk dien.



