You have 0 item in your cart

You have no items in your shopping cart.

Subtotal: R0,00

Artist Details

Paul Roos

Gebore 1970 Warden in die Vrystaat, Laerskool Warden en Fiksburg Tegniese Hoërskool . As kind het ek kleiosse gemaak en altyd n knipmes in my sak by die skool gehad om houtskippies uit te kerf. Ek het elke jaar die kuns kompetisie gewen. Jare later het ek die groot kunstenaar Danie de Jager ontmoet. Sy werk het ‘n nuwe wêreld vir my laat oopgaan. In my oom se huis het daar talle van Danie se beelde gestaan, en ek kon vir ure daarna staar, dit was vir my baie asof dit regte mense wat wat eenvoudig gevries was in tyd. Soos dit in die laat 80”s was, moes ek ‘n regte werk soek - klei ossies bou was speel. Ek het eers in 1998 my eerste klei beelde gemaak: ‘n Moses beeld, ‘n borsbeeld van my broer, en ‘n fly fisherman vir ‘n klient. Ek is vir ruk lank New Zealand toe en my beeldhouwerk is daardeur onderbreek Terug in SA het ek my vrou ontmoet, en sy het my talent raakgesien, en ook my behoefte om kreatief te wees. Die hoërskool Hans Moore het ‘n beeldhouer gesoek om ‘n borsbeeld van Hans Moore te maak (Stigter van Traansvaalse Tegniese skole) en ek het die geleentheid onmiddelik aaangegryp. Sy dogter het die beeld goedgekeur, en ek was werklik in die wolke. Die beeld is verbrons in Natal en ‘n lewensdroom van my is bewaarheid - my eerste brons beeld. Ek het betrokke geraak by Journey of Hope, ‘n borskanker ondersteunings organisasie. Ek het vier beelde wat die “journey” uitbeeld vir hulle gemaak. Hierdie beelde is as prys aangebied vir ‘n kompetisies, in samewerking met Sarie. Dit was werklik ‘n eer en absolute belewenis om hierby betrokke te wees. Ek het ‘n versameling van 65 beelde en het reeds 46 verkoop in verskillende mediums (brons , cold bronze aluminum, M1 en smooth cast 300 Beeldhou werk is vir my meer soos ‘n roeping of Goddelike opdrag en my lewe sal sinloos daarsonder wees. Dit is ‘n enorme voorreg om voltyds my passie uit te leef
Paul Roos